Draai Terug en Lewe
Manage episode 459343712 series 3072738
Esegiël 18:31-32 Laat vaar al julle oortredings en kry 'n nuwe gesindheid, 'n nuwe gees. Waarom wil julle sterf, Israel? Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,” sê die Here my God, “maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”
Om 'n eerbare lewe te lei, behels noodwendig 'n paar moeilike keuses van jou kant af. Kom ons kyk daarna: gesonde eetgewoontes, genoeg oefening, genoeg slaap en, les bes, die hantering van daardie slegte gedrag wat jou beroof van die goeie resultate wat jy begeer.
Nouja, hier is ons op die vyfde dag van hierdie nuwe jaar en ons het reeds ‘n hele paar nuwejaarsvoorneme verbreek; is ek reg? Dit bevestig die realiteit dat enige positiewe veranderinge harde werk behels. Maar wat van negatiewe verandering? Neewat, om sleg op te tree, kom sommer vanself!
Moes jy al ooit hard werk daaraan om selfsugtig te wees? Om nie te mededeelsaam te wees nie? Om jou geld op te gaar? Nooit! Maar onbaatsugtigheid, vrygewigheid, vriendelikheid … hierdie gesindheid is baie moeiliker om op 'n konsekwente basis te handhaaf.
Daarom is hierdie waarskuwingsein op hierdie tyd van die jaar so 'n belangrike een vir ons.
Esegiël 18:31-32 Laat vaar al julle oortredings en kry 'n nuwe gesindheid, 'n nuwe gees. Waarom wil julle sterf, Israel? Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,” sê die Here my God, “maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”
Gister het ons gesien dat God belowe om vir ons 'n nuwe hart en 'n nuwe gees, die Heilige Gees, te gee om ons te bemagtig om alles te wees wat Hy ons gemaak het om te wees. Ons is nie alleen hierin nie.
Maar daar is een ding wat Hy nie vir ons kán of sál doen nie. Net óns kan besluit om weg te draai van die dinge wat ons weet verkeerd is.
Kry ‘n nuwe gesindheid en ontvang die Heilige Gees. Jou lewe hang daarvan af!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
1448 episod