'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
…
continue reading
Halo aku @reginaoktavia wadon ceriwis yang berusaha mempublikasikan keceriwisanku tentang apapun
…
continue reading
Welcome to Good Night Regs, the podcast where regulations are prime materials for falling asleep.
…
continue reading
Fat Reg's Podcast. Where we argue over the name of our Podcast all while answering society's most important questions the only way: Arduous Ranking
…
continue reading
A Drinking Podcast; That Sometimes Talks About Airplanes And Learning To Fly. A Private Pilot, A Commercial Pilot And An Airline Transport Pilot (ATP) As Hosts. They Got Board With The FAR AIM Book Years Ago But Are To Lazy To Change The Podcast Name (or do any show prep whatsoever for that matter). Welcome To The Oddest, Most Irreverent And Controversial Pilot Podcast In America.
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor Sportreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen bespreek die geldigheid van Artikel 7(7)(c) van die Wet op Ekskeidings, wat handel oor gade wat nou teen mekaar se boedels kan eis, al is hulle buite gemeenskap van goedere getroud.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek die saak van Johanna van Arkel, beter bekend as Joan of Arc. Spesialisgas Volker Kruger vertel van 'n saak wat met ‘n dispuut oor agentekommissie handel. Twee agentskappe eis kommissie ten bedrae van R966 000 t.o.v. die verkoop van ‘n eiendom vir R24-miljoen. Wie moet die kommissie in hierdie geval kry?…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor bygelowe en heksery. Hy praat ook oor teistering, en hoe jy jouself kan bekerm. Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor kubermisdaad.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die waardasie van haar oorlede skoonma se eiendom. Spesialisgas Johan Botes bespreek ‘n vraag wat handel oor ‘n luisteraar se werkgewer wat nie vir haar verlof wil gee nie, aangesien sy maand-tot-maand gekontrakteur word, en slegs ‘n jaar by die maatskappy betrokke is.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n vrou wat met haar man van bed en tafel geskei is, maar nou haar deel van ‘n eiedom wil verkoop. Spesialisgas Volker Kruger bespreek drie sake waar die hof gevra is om in te meng met ‘n erflater se testeervryheid, deur klousules in ‘n testament te skrap.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek die grondwetlike geldigheid van sekere artikels van die wysigingswet op strafreg, spesifiek die seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede-wet 32 van 2007. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die afdwingbaarheid van ‘n Lewende Testament, nadat ‘n hospitaal geweier het om aan ‘n pasiënt s'n gehoor te gee.…
…
continue reading
Igna Klynsmith praat onder meer oor ‘n 2024 saak, wat handel oor wraak-pornografie. Hy praat ook oor korrupsie met die uitreiking van bestuurslisensies. Spesialisgas Volker Kruger bespreek 'n Wes-Kaapse Hooggeregegshofsaak wat handel oor 'n dispuut oor ‘n testament. Hy lees die relevante testamentêre bepalings, en jy kan dan besluit wat jy dink die…
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor egskeidings, saamwoon-ooreenkomste en huwelikskontrakte. Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor beserings wat by skole opgedoen word, en die regte wat ouers het om regstappe teen die skool te doen.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek die verhoor van Jesus, wat uiteindelik tot sy kruisiging gelei het. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die reg van ‘n minderjarige kind om te erf, en hoe om so 'n erflating te beveilig.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor voetgangerseise teen die Padongelukkefonds. Hy bespreek ook ‘n geval waar ‘n versekeringsmaatskappy ‘n vrou aanspreeklik hou vir ‘n botsing, wat volgens hulle veroorsaak is deur haar gebruik van ‘n selfoon terwyl sy bestuur het. Patentprokureur Karel Bredenkamp praat oor onregmatige mededinging.…
…
continue reading
Igna Klynsmith verduidelik wat dit beteken om buite die hof te skik. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor wat van ‘n voertuig word, wat deur twee partye gekoop is, indien een van die kopers te sterwe sou kom. Spesialisgas Peto Milton praat oor direkteurskap, en hoe dit beïnvloed word deur die Maatskappyewet 71 van 2008.…
…
continue reading
Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor ‘n egskeding, en of ‘n persoon ‘n eis kan instel indien hulle buite gemeenskap van goedere getroud is. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor lyfstraf by kinders. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor verslawing en kontakreg met kinders.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n versekeringsmaatskappy wat sewe jaar geneem het om ‘n lewensversekeringseis uit te betaal. Hy tref ook onderskeid tussen nalatigheid en growwe nalatigheid m.b.t. versekeringseise. Spesialisgas Est-marie McCallahan gee raad oor hoe jy jouself kan beskerm deur ‘n bekermingsbevel te kry in die lig van …
…
continue reading
Igna Klynsmith beantwoord ‘n vraag oor die samestelling van die Regterlike Dienskommissie, en ‘n nuwe wetsontwerp oor die regulering van tabak- en damprookprodukte. Spesialisgas Karel Bredenkamp praat oor die registrasie van intellektuele eiendom.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor deeltitel-eenhede. Spesialisgas Volker Kruger beantwoord ‘n vraag oor of ‘n mens ’n maatskappy moet stig wanneer jy ‘n nuwe besigheid begin, gee raad oor wat jy kan doen om die risiko’s te beperk, veral om te probeer verhoed dat jy alles verloor indien dinge sou skeef loop.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man, wat met die wete dat hy MIV onder lede gehad het, ‘n seksuele verhouding met sy vriendin aangeknoop het, maar nie sy status met haar gedeel het nie. Hy praat ook oor twee Vrystaatse egpare wat regsgeskiednis gemaak het. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor jou gesondheid by die werk.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n pensioenfonds en ‘n egskeiding; en fooie wat betaalbaar is na die kansellasie van ‘n huisverband. Spesialisgas Susan de Wet praat oor die polisie se plig om dossiere te lewer oor ‘n ongeluk wat by ‘n kruising plaasgevind het.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek die regsbegrip, die vermoede van dood. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek 'n hofsaak waarin ‘n regter moes beslis of 'n virtuele beëdiging van 'n eedsverklaring in ons reg aanvaarbaar is. Hy verduidelik ook wat die verskil is tussen 'n gewone verklaring en 'n eedsverklaring.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat verband hou met ‘n werknemer wat breindood verklaar is nadat hy geval het, na aanleiding van drankmisbruik by ‘n werksfunksie. Hy praat ook oor ‘n skadevergoederingsaak ná ‘n botsing wat deur ‘n slaggat veroorsaak is. Spesialisgas Karel Bredenkamp praat oor intellektuele eindomsreg.…
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor die nasionale gesondheidsversekeringswet, en oor die belangrike rol wat die reg speel in natuurbewaring. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen verduidelik of daar ‘n regsplig is om stiefkinders te onderhou.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die proses van die uitlewering van ‘n gevangene. Hy praat ook oor toegang tot familiebegrafplase, en wie aanspreeklik is vir skade aan huise en motors wat deur gholfspelers veroorsaak word. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n interessante saak waarin 'n hof moes beslis of 'n ma se hospitaalrekords b…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor troeteldiere in deeltitelkomplekse. Hy praat ook oor leunverklikkerstoetse. Spesialisgas Est-Marié McCallaghan praat oor onwettige bouery in komplekse, en gepaardgaande boetes.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith beantwoord ‘n paar luiteraarsvrae. 'n Luisteraar wat binne gemeenskap van goedere getroud is, wil weet of haar huis wat al 30 jaar in haar besit is, in haar getroude van geregistreer moet word, om sodoende die proses vir haar dogter te vergemaklik om die huis te erf. Igna beantwoord ook ‘n vraag oor of ‘n verkoper van ‘n eiendom die …
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n inwoner van ‘n deeltitelkompleks wat nie haar heffings betaal nie, en wat die trustees te doen staan om haar te verplig om te betaal. Spesialisgas Volker Kruger gee advies oor ‘n koper van ‘n voertuig, wat die koopprys in die verkeerde bankrekening inbetaal het. Die geld is gesteel, wat nou?…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek die gebruik van hommeltuie in hengel. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor hoe emosies ‘n rol speel tydens egskeiding.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor siviele eise teen die staat. Hy praat ook oor die nuwe Ombudsraad vir Finansiële Diensverskaffers se nuwe reëls. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor wie die reg het om 'n geliefde te begrawe; wie besluite mag maak oor waar, wanneer en hoe iemand begrawe mag word.…
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor ‘n saak van ‘n hoenderboer wat skadevergoeding eis by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling, ná miljoene rand se skade a.g.v. ‘n uitbreking van voëlgriep. Völker Kruger bespreek ‘n saak oor ‘n oorledene se familie, wat sy testament ongeldig wil verklaar omdat hy, volgens hulle, nie die verstandelike vermoë g…
…
continue reading
Igna Kleynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n man wat verskeie kere gesteel het, tronkstraf opgelê is en die saak later ter syde gestel is onder die beginsel van ubuntu. Spesialisgas Johan Botes beantwoord ‘n vraag oor ’n werknemer wat deur haar werkgewer met ‘n versoek genader is om haar diens te beëindig in ruil vir betaling.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek sake wat handel oor naamskending. Spesialisgas Peto Milton praat oor skuld tussen vriende en familie - is ‘n skulderkenning nodig, en wanneer verjaar jou eis?Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor handelsbeperkingsklousules en roukoop. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n sekuriteitswag wat ‘n taxibestuurder in die been geskiet het. Die hof het bevind dat hy reg gehandel het.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith verduidelik of jy ‘n saak voorlopig by die polisie aanhangig kan maak, maar die saak eers verder neem indien die persoon jou weer te na kom. Spesialisgas Volker Kruger bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n dispuut tussen ‘n oorledene se vrou, en sy kinders uit ‘n vorige huwelik.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor burereg na aanleiding van ‘n luisteraar wat kla oor sy buurman se voerkraal wat stink, en wat hom te doen staan. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis bespreek aspekte van Bewysreg tydens hofsake.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek die reëls m.b.t. boubedrywighede in deeltitelkomplekse. Hy praat ook oor handelsbeperkingsklousules in dienskontrakte. Spesialisgas Waldette Grey bespreek die geldigheid van elektroniese handtekeninge op kontrakte.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor die verskil tussen die opsie om te koop, en ‘n reg van eerste weiering. Spesialisgas Elmari Richter praat oor die die betaling van onderhoud vir kinders.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat weer oor die strafreg, onder meer oor skeermeslemmetjies wat die produk in Suid-Afrika is wat die meeste gesteel word. Spesialisgas Janus Olivier bespreek ‘n geval waar ‘n minderjarige die begunstigde van ‘n trust is, en hoe so ‘n situasie werk.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith deel die jongste statistiek oor huwelike en egskeidings in Suid-Afrika. Hy bespreek ook die belangrikheid van aanspreeklikheidsversekering. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik die verskil tussen ‘n opsie om te koop en ‘n voorkoopreg.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat oor addisionele werk, ook bekend as moonlighting. Spesialisgas Johan Botes praat oor of dit regverdig is dat jy moet werk en onderhewig is aan inflasie en stygende lewenskoste, maar jou salaris word nie aangepas nie?Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae wat onder meer handel oor of elektrisiteit werklik gesteel kan word. Spesialisgas Est-Marié MCallahan vertel wat jou te doen staan indien jou verlowing deur die ander persoon verbreek word.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith praat verder oor die strafreg, en beantwoord ‘n vraag oor of jy verplig is om jou bloed te laat trek wanneer daar vermoed word dat jy onder die invloed van drank bestuur. En, 'n spesialisgas praat oor ‘n hofsaak wat handel oor 'n voetstootsklousule in 'n koopkontrak van 'n huis.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek verskillende aspekte van die strafreg, bv. vonnisoplegging. Spesialisgas Susan de Wet praat oor ‘n saak waar buitelanders probleme ondervind met eise teen die Padongelukkefonds.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek wat met ‘n insolvente of bankrotboedel gebeur. Spesialisgas Est-Marié MCallahan bespreek die jongste verwikkelinge m.b.t. die Nasionale Gesondheidversekeringswet.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bepreek Igna luisteraarsbriewe oor serwitute en provikasie. Spesialisgas Peto Milton praat oor mondelinge ooreenkomste.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae wat onder meer handel oor ‘n salarisverhoging, maar geen oortydbetaling, en ‘n saak oor ‘n TV-advertensie wat as godslasterend beskou is en die reëls daaraan verbonde. Spesialisgas Janus Olivier praat oor trusts.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n luisteraar wat handel oor sy ontevredenheid met ‘n winkel wat daarop aangedring het dat hy sy ID-nommer in hulle stelsel moes intik om sy geskenkbewys te kon gebruik. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor belangrike aspekte m.b.t. die verkoop van onroerende eiendom.…
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor geld wat hy van sy buurman wil eis ná ‘n windstorm skade aan sy eiendom aangerig het. Hy praat ook oor mediese vrywaringsvorms. Spesialisgas dr. Llewellyn Curlewis bespreek Artikel 174 van die Strafproseswet 51 van 1977.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n oorledene se motor wat op iemand se erf staan, en hulle weet nie hoe om van die motor ontslae te raak nie. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen bespreek lewende annuïteite, en die waarde daarvan vir doeleindes van egskeiding.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek verskeie luisteraarsvrae oor boedels. Spesialisgas Johan Botes sluit praat verder oor diskriminasie deur werkgewers teenoor werknemers op grond van ouderdom.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor bateverdeling in ‘n tweede huwelik. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor wat ‘n persoon te doen staan indien hulle werkgewer sê hulle is te oud om aan te hou werk.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor ‘n koper wat ‘n koopooreenkoms onderteken, maar intussen van plan verander het. Daar word ook gekyk na eindomsagente se kommissie. Spesialisgas Volker Kruger beantwoord vrae oor ‘n kontanttekort in ‘n bestorwe boedel.Oleh RSG
…
continue reading
Igna Klynsmith bespreek wat van troeteldiere word indien hulle eienaars sterf. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor eienaars se opsies vir uitsettingsbevele teen onwettige okkupeerders. Sy praat ook oor munisipaliteite se plig om behuising aan hawelose mense te voorsien.Oleh RSG
…
continue reading